Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Susan* se verhaal

Kobus* se verhaal

Hoe my lewe was (Kobus, 15jr)

HOE MY LEWE WAS VOORDAT EK DPS HUIS TOE GEKOM HET

 

Dit was lekker, maar dit was ook nie lekker nie.  Dit was lekker want ek was saam met my ouers en familie en ek het baie vriende gehad en ek was nooit alleen nie.  Baie mense het my ook geken en as ek hulp nodig gehad het dan was hulle daar.  My lewe was ook nie lekker nie omdat ek nie regtig kos gehad het om skool toe te vat nie, my ma het gaan uitslaap en vir my en my boetie alleen gelos en ek het ook nie goeie skoolgoed gehad nie.

 

 

HOE MY LEWE WAS TOE EK DPS HUIS TOE GEKOM HET

 

Dit was lekker maar dit was ook nie lekker nie.  Dit was nie lekker nie want almal was vir my vreemd en ek was vir ’n rukkie alleen.  EK het na ’n nuwe skool toe gegaan wat ook nie regtig lekker was nie want dit was ’n baie groot aanpassing na ’n nuwe huis met nuwe mense en na ’n nuwe skool met nuwe mense en kinders.  Dit is lekker want die nuwe kinders is baie nice en die nuwe huisouers ook.  Ek het baie goed wat ek nie eers gedink het dat ek ooit sal hê nie.  Ek is baie bly ...

 

* Kobus 15 jr (Skuilnaam)

27 Januarie 2016 

Login With Facebook