Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Susan* se verhaal

Kobus* se verhaal

Dis my lewe! (Susan, 14jr)

Susan* is 'n meisie van 14 jaar oud wat haar verhaal met ons gedeel het. Dit wat hierop volg het sy self geskryf:

 

365 dae   24 uur  60 minute  7 dae ‘n week

dis my lewe !!!!!!!!!!

Die dag wat ek nooit sal vergeet nie. My hart se mense het binne minute verbrokkel...  DAARDIE WAS MY DAG!!!

Ek was nog baie, baie jonk en nog klein toe ek by my ouma gaan bly het en van daar af het my ouma diep in my hartjie in gekruip - nes my pa!!  2004 het ons hele huisgesin reggemaak vir ‘n spesifieke geleentheid. My ma het in die bloute opgedaag.  Sy het vir my deur my kamervenster gewys ek moet stilbly. Sy het verby my nefie gesluip waar hy televisie gekyk het en hy het nie eers agtergekom my ma is in die huis nie.  Sy het my gegryp en my mond toe gedruk.  My niggie het my gesien by haar kamerruit en begin gil.  Ons was na ‘n plek wat ek nie geken het nie vir 2jaar ... Uiteindelik het my ouma- hulle  my terug gekry!  Alles was weer soos normaal soos dit was.  Toe!! Gebeur dit ...  My niggie se pa het by ons kom bly en hy was soos iemand wat nie vrouens kan uitlos nie.  Vir ‘n paar maande het hy aan my gevat en ek het stilgebly daaroor want ek was bang vir my ouma.  Ek het ‘n oom deur my niggie ontmoet in 2014.  Hy het begin’n gewoonte maak van die storie om my en my niggie elke keer by my ouma te kom haal vir ‘n fliek of ‘n melkskommel maar soms vir KFC of McDonalds.  Maar hy het my ouma al die pad betaal om dit te doen!  Op ‘n dag was ek baie siek - ek het brongitis gehad.  Hy het my by my ouma gaan haal om my na sy vrou toe te vat om glo te kyk wat fout is met my...  In die kliniek van sy vrou het ek aan die slaap geraak en ek het geruk.  Sy het na my toe gekom en al wat ek gesien het vir die hele dag is haar gesig en verder kan ek niks onthou nie!!!  In September maand die 21ste het ek by my vriendin gaan kuier en sy het gedink iets is fout en ek het haar vertel van my oom.  Sy het vir my gevra wil ek polisiestasie toe gaan en my antwoord was:  “Ja”.

Dit was middernag gewees my voet het al blase op gehad.  Ek sien die plek van rus in die lang reguit teerpaadjie se liggies.  Met die aankoms voel ek die koue wat klou aan my en waar ek geen uitdraai kans kan kry nie.  Doen ek die regte ding?  Soek hulle my, moet ek omdraai?  My gedagtes rol.  Sanet* stamp my in die kantoor en ek struikel en ek val voor ‘n vrou op die vloer neer.  Toe ek opkyk na haar gee sy my dadelik ‘n herinnering.  Sy hou ‘n hand uit om my te help om op te kom ... Trane het baie oor my wange gerol die aand!  Ek het haar alles vertel wat met my gebeur het.  Ek het daai aand by haar deurgebring en daar geslaap!  Die volgende oggend 7uur was ons terug by haar kantoor en sy het die maatskaplike werker gebel wat myne was.  Sy het vir my ouers gesê daar is nie ‘n manier wat ek teruggaan nie... Sy het vir my pa hulle gesê om te gaan!  3uur daai middag het ons na ‘n nice tannie gegaan.  Daar was so baie meisies.  Hierdie plek help my baie dit help my om my kop en alles skoon te kry.  Ek het hier geleer om om ‘n tafel te sit.  Die kos wat hier geëet word was my eerste keer wat ek so baie groente geëet het omdat ek baie slap chips en Russians by my ouma geëet het.  Ek geniet dit sooooo baie hier.  Dit is ‘n voorreg om hier te wees en ek wil nie nou uitgaan nie en ek wil ten minste my matriek agter my naam hê.  Ek is eintlik bly dat ek nou sit waar ek sit,  goeie mense wat my help om my skool klaar te maak.   Dit is ‘n voorreg om kerk en kategese te kan bywoon.

En laastens wil ek vir tannie Hannelie en die Rata (voorheen Ondersteuningsraad) dankie sê vir wat hulle vir my tot dusver beteken het.                                                                        

 

Dankie vir almal wat my reghelp met alles en ek waardeer dit...

* Susan 14 jr (Skuilnaam).

Login With Facebook