Rata - voorheen Die Ondersteuningsraad
OSR Geskiedenis
Pretoria kantoor - 'n Terugblik op 2014
DOEL VAN RATA
Breë doel
Die breë doel van Rata is om:
• binne die raamwerk van die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika barmhartigheidsdiens in die Kerk te verrig met behulp van maatskaplike werkers, maatskaplike hulpwerkers, administratiewe en sekretariële personeel asook vrywillige werkers;
• voorkomende, rehabiliterende en nasorgdienste ten opsigte van individue, gesinne, groepe en gemeenskappe te lewer.
Missie
Vanuit hierdie breë doel het Rata die volgende missie stelling:
In opdrag van die Drie-Enige God, streef Rata daarna
om mense in maatskaplike nood binne die Nederduitsch Hervormde Kerk
en die gemeenskap te versorg deur:
Maatskaplikewerk dienste op klinies/terapeutiese en voorkoming-/
ontwikkelingsvlak te lewer; en
Lidmate en vrywillige werkers vir die dienswerk van die gelowiges toe te rus.
DIENSLEWERING DEUR RATA
Rata is ‘n Diensorgaan van die Nederduitsch Hervormde Kerk wat maatskaplike dienste lewer in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Die organisasie bestaan uit 29 kantore en satellietkantore en word deur 69 personeellede beman.
Daar word in die besonder gefokus op die beskerming van kinders deur voorkomings- sowel as statutêre dienste. Dit sluit verwaarloosde, seksueel gemolesteerde sowel as mishandelde kinders in.
Voorts maak pleegsorgtoesigdienste ‘n groot komponent van die werksaamhede uit asook gesinsherenigingsdienste ten einde, waar moontlik, kinders weer met hul ouers te herenig.
Die organisasie lewer ook dienste ten opsigte van alkohol- en dwelmverslawing, huweliksprobleme, egskeidingsbegeleiding, armoede verligting, dienste aan bejaardes, gestremdes en mishandelde vroue.
Hierdie dienste word finansieel moontlik gemaak deur subsidie wat vanaf die Staat ontvang word, fondse wat uit gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk gegenereer word, asook ander donateurs wat die dienste van die organisasie wil bevorder.
Kontak Rata:
Uitvoerende direkteur: Me M Steenkamp
Epos adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Selfoon nr: 082 770 8559
Kantoor tel nr: 012 322 8885