Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO)
Basiese inligting:
Die Instituut is op 13 Maart 1947 deur die drie susterkerke gestig met die opdrag om skole te open vir kinders met gestremdhede. Die susterkerke en hul gemeentes dra tans 53,4% by van die Instituut se totale inkomste by waarvan 71,1% aan die skole toegeken word.
Missie:
Om leerders met spesiale onderwysbehoeftes in die vyf Instituutskole nl. Transoranje-skool vir Dowes, Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid, Sonitusskool vir Gehoorgestremdheid, Prinshofskool vir Gesiggestremdes en Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes dmv fisiese hulpbronne en diens in staat te stel om hul potensiaal te verwesenlik binne ‘n Christelike etos.
Visie:
Behoeftegedrewe Christelike barmhartigheidsdiens vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
Vir meer inligting besoek ons by www.toibo.org.za
Kontak TOIBO by:
Uitvoerende Beampte: Mev Arina Jooste
Epos adres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Selfoon nr: 082 560 5213
Kantoor tel nr: 012-320 7644