Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Vraelys vir die bepaling van die risiko vir swak voeding

Gebruik die onderstaande vraelys of vas te stel of bejaardes dalk nie die regte voedingsplan volg om gesond te bly nie.

Omkring die syfer in hakies wanneer jy met die stelling saamstem. Tel dan die omkringde syfers op om sy/haar/jou totale voedingstelling te kry. Onderaan is 'n verduideliking van die tellings.

  • Hy/sy/ek het 'n siekte of toestand wat veroorsaak dat die soort en/of die hoeveelheid kos wat hy/sy/ek eet, verander het. (2)
  • Hy/sy/ek eet minder as twee maaltye per dag. (3)
  • Hy/sy/ek eet min vrugte, groente of melkprodukte. (2)
  • Hy/sy/ek drink meer as drie sopies bier, drank of wyn elke dag. (2)
  • Hy/sy/ek het tand- of mondprobleme wat dit vir hom/haar/my moeilik maak om te eet. (2)
  • Hy/sy/ek het nie genoeg geld om die kos te koop wat hy/sy/ek nodig het nie. (4)
  • Hy/sy/ek eet meestal alleen. (1)
  • Hy/sy/ek neem drie of meer voorgeskrewe medisynes of oor-die-toonbankmedisynes per dag. (1)
  • Sonder dat hy/sy/ek wou het hy/sy/ek die afgelope ses maande vyf of meer kilogram verloor of opgetel. (2)
  • Hy/sy/ek is nie altyd fisies in staat om kos te koop, voor te berei of om hom-/haar-/myself te voer nie. (2)

Totaal ............

Telling

Is die telling tussen 0 en 2? Dis goed! Dis raadsaam om hierdie voedingstelling elke ses maande na te gaan om seker te maak dat die bejaarde steeds gesond eet.

Wanneer die telling tussen 3 en 5 is, is daar 'n kans dat die bejaarde se voeding nie so goed is as wat dit kan wees nie. Kyk wat moontlik gedoen kan word om die bejaarde te help om sy/haar eetgewoontes en leefstyl te verbeter. Kry professionale raad indien moontlik. Gaan die voedingstelling weer oor drie maande na om seker te maak dat daar 'n verbetering is.

As die telling 6 of meer is, is die risiko vir swak voeding groot. Die bejaarde behoort 'n dokter, voedingkundige of ander professionele gesondheidsorgpersoon te raadpleeg. Hy/sy het hulp nodig om sy/haar voedingsgesondheid te verbeter.

(Hierdie vraelys is 'n vertaling van die Amerikaanse weergawe wat ontwikkel is deur die Nutrition Screening Initiative, 'n projek van die American Academy of Family Physicians, die American Dietetic Association en die National Council on the Aging, Inc.)

Plaaslike Aksiegroepe vir Bejaardes word aangemoedig om hierdie vraelys te gebruik om vas te stel of bejaardes in hul gemeentes of gemeenskappe voedingsprobleme ervaar.

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek