Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Hoe om by die AGB betrokke te raak

Die nood onder bejaardes is groot en elke poging en gebaar dra by tot die verligting daarvan. As jy dus by die versorging van bejaardes in hul eie woonplekke betrokke wil raak, kan jy die volgende oorweeg:

  1. Stel vas of daar reeds aksies in jou omgewing bestaan vir die versorging van en bystand aan bejaardes wat steeds op hul eie of by hul familie woon. Raak by die aksies betrokke. Soms kan bestaande aksies, soos diensgroepe, uitgebou word om aan hierdie saak aandag te gee.
  2. Indien daar geen aksies bestaan nie, tree in gesprek met jou predikant, diakonie, kerkraad, NHSV en/of gemeente en bespreek die totstandkoming van 'n plaaslike aksiegroep vir bejaardes.
  3. Werf persone wat bereid is om op die bestuur van so 'n aksiegroep te dien, asook vrywilligers wat kan help met die daadwerklike hulpverlening.
  4. Kontak die ADV se This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien jy meer inligting of 'n voorlegging oor die saak deur die AGB verlang.
  5. Begin solank om die behoeftes van die bejaardes in jou omgewing te bepaal en om 'n databasis saam te stel van al die soorte hulp en ondersteuning wat in die plaaslike gemeenskap vir bejaardes beskikbaar is. Lees gerus meer hieroor in die Aksieplan (212Kb).
  6. Tree in gesprek met jou diakonie, NHSV, kerkraad, gemeente en gemeenskap om fondse en borge te bekom vir hierdie belangrike werk.

 

As jy self aan nog iets kan dink wat 'n positiewe verskil in die lewe van bejaardes kan maak, laat weet ons asseblief. Ons hoor graag van jou.

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek