Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Finansiële behoeftes van bejaardes

Een van die tragedies van ons tyd, is dat mense wat hulle hele lewe lank gewerk het, aftree met finansiële probleme. Hulle het aan pensioenfondse behoort of uittree-annuïteite uitgeneem. Hulle het beleggings gemaak en polisse uitgeneem. Maar wanneer hulle die dag aftree, tref die skokke hulle een vir een:

  • Jy kom nie uit met jou pensioen nie
  • Die rentekoerse het so geval dat jy nie van die rente op jou belegging kan leef nie
  • Die polis het baie minder uitbetaal as wat daar aan jou belowe is
  • EN ELKE JAAR WORD DIT ERGER AS GEVOLG VAN INFLASIE...

Die feit dat mense se lewensverwagtings gestyg het, maak die probleem net groter en groter. So wat gebeur nou?

  • Pensioenarisse moet weer begin werk
  • Hulle moet by hulle kinders (wat self finansieel onder druk is) gaan woon, en dié moet vir hulle sorg
  • Party het nie 'n ander keuse as om te begin bedel nie...

Is daar 'n oplossing?

Vir dié wat nog tien jaar of langer gaan werk, is daar oplossings. Hulle moet nuut begin dink oor aftrede-voorsiening en nie staatmaak op pensioenfondse, uittree-annuïteite, finansiële beleggings en polisse nie. Hierdie is slegs hulpmiddels. Dit is die skrywer van hierdie afdeling se opinie dat die enigste werklike oplossing lê in oordeelkundige eiendomsbelegging.

Vir bejaardes wat finansiële probleme het, is daar weinig oplossings. Dit is 'n groterwordende uitdaging vir die kerk om hierdie mense by te staan. Die fokus moet dus verskuif na hulpverlening.

Hoe kan gemeentes help?

  • Stel 'n lys op van winkels ens waar pensioenarisse afslag kan kry, en op watter dae
  • Stel vas of daar munisipale kortings vir pensioenarisse is en indien wel, help hulle om daarvoor aansoek te doen
  • Kontrakteer met mediese diensverskaffers om afslag aan pensioenarisse te gee
  • Indien bejaardes van die staat se mediese hulp gebruik moet maak, help hulle om die medisyne ens te bekom
  • Kontrakteer met werktuigkundiges ens om bejaardes te help met die instandhouding en herstelwerk aan hulle voertuie en wonings
  • Staan families waar die bejaarde ouers inwoon, geestelik by. Dit is dikwels baie moeilik om drie of selfs vier geslagte in een huishouding te hanteer
  • Hoe groter die probleem word, hoe groter gaan die uitdaging word vir die gemeente se diakonie om te help met kos ens. Projekte kan hiervoor geloods word
  • HANTEER ALLE GEVALLE MET SENSITIWITEIT EN VERTROULIKHEID. BEJAARDES SE MENSWAARDIGHEID MAG NOOIT AFGEBREEK WORD NIE.

Ds Gerhard Stoltz

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek