Werkgroep vir afhanklikheid
Inligtingstuk oor die Werkgroep: Afhanklikheid
Inleiding
Die werkgroep Afhanklikheid hou hom besig met die bemagtiging van mense om hulp te verleen aan diegene wat in die strik van afhanklikheid vasgevang is.
Afhanklikheid strek oor ‘n baie wye veld. Dit sluit nie net chemiese afhanklikheid soos Dwelms en alkoholisme in nie, maar ook afhanklikheid van die aktiwiteite soos dobbel, pornografie, ens.
Doel
Die werkgroep het ten doel om gemeentes bewus te maak van materiaal wat beskikbaar is en kan dien as hulpmiddel in die identifisering en hantering van afhanklikheid. Dit gaan gedoen word deur:
- 1.Diakensvergaderings bewus te maak van die verskillende tipes afhanklikheid wat die gesonde struktuur van die gesin bedreig.
- 2.Diakensvergadering bewus te maak van die geskikte materiaal met betrekking tot die verskillende tipes afhanklikheid.
- 3.Diakens te herinner dat ons op grond van die liefdesgebod ʼn verantwoordelikheid het om afhanklikes nie te veroordeel nie.
Projekte
Die werkgroep beoog om hande te vat met CLF (Christelike Lektuur Fonds) ten einde brosjures oor verskillende afhanklikheidstipes in gemeentes beskikbaar te stel.
Die werkgroep gepoog om ʼn verteenwoordiger van CLF te nooi om die ADV simposium kortliks in te lig wie hulle is en wat hulle doen.
Die werkgroep wil graag gemeentes aanmoedig om ʼn brosjure rak in die kerkgebou aan te bring waar inligting oor afhanklikheid op ʼn permanente basis beskikbaar is.
Die werkgroep is van mening dat eenvoudige projekte soos hierbo genome meer haalbaar is as om opleidingsessies aan te bied. Opleiding in die hantering van afhanklikes is ʼn uiters gespesialiseerde terrein. Daarom glo ons dat bogenoemde benadering meer prakties en haalbaar is.
Diak R McEwan (083-687-4512)
Ds CJ van Wyk
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.