Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Bejaardes - snoei só jou mediese uitgawes

Bejaardes - snoei só jou mediese uitgawes


Hier is 'n paar idees vir bejaardes om mediese kostes so laag as moontlik te hou:

 

Mediese fondse

  • Moet NOOIT (sover as enigsins moontlik) jou mediese fonds laat verval nie. In vandag se tyd kan jy nie bekostig om uitgelewer te word aan 'n staatshospitaal of selfs meeste staatsdokters nie…
  • Moenie rondspring van mediese fonds tot mediese fonds nie – dit kos baie ekstra geld en die meeste mediese fondse het 'n wagtydperk en 'n verbod op sekere kroniese (langtermyn) medikasies wat voorheen gediagnoseer is.
  • As jy moet besnoei op 'n mediese fonds – besluit om af te skaal – kyk na 'n goeie hospitaal plan.
  • As jy enige verandering wil aanbring, praat met meer as een mens (en nie net vriende nie!), kry professionele hulp in oor wat die beste vir jou en jou omstandighede gaan wees.
  • Maak seker jy is bewus van wat jou opsie is en waarvoor jy gedek is.

Apteke en medikasie

  • Alhoewel daar baie "DISCOUNTED" medisyne beskikbaar is – kyk na die groter prentjie – jou petrol, tyd en moeite om in 'n tou te staan vir onpersoonlike diens, is dalk meer as wat jy spaar op medikasie.
  • Bou 'n verhouding met jou apteker op – hy of sy kan jou waardevolle inligting GRATIS gee.
  • Baie apteke bied gratis dienste bv bloeddruk vat, konsultasies en selfs aflewerings aan – maak daarvan gebruik.
  • Vra eers jou apteker, voordat jy geld uitgee op konsultasies – hy of sy sal jou gewoonlik kan sê of jou toestand ernstig genoeg is om 'n dokter te gaan sien.
  • Praat met jou apteker oor generiese medisyne – dit is die goedkoper maak van die oorspronklike medisyne – hy of sy sal jou kan raad gee of jy jou medikasie daarmee kan vervang.
  • Moenie net blindelingse veranderinge maak wat jy dink, jou kostes kan bespaar nie – op die ou end jaag dit dalk nog meer geld uit jou sak uit!
  • Jou apteker sal ook jou dokter skakel oor enige voorgestelde kostebesparings of verandering op jou medikasie.
  • Jou apteker kan jou ook gratis inligting verskaf van watse medikasie jy saam met watter mag gebruik – om die beste vir jou gesondheid te wees.
  • Baie apteke het ook deesdae klinieke wat jou sal konsulteer vir 'n fraksie van die prys van 'n gewone konsultasie.
  • Onthou dat goedkoper nie altyd beter op die langtermyn is nie en deur onoordeelkundig te werk te gaan met medikasie, kan jou op die langtermyn baie geld kos.
  • Moenie medikasie van vriende of familie vat om te 'probeer nie'… Ons almal is uniek en wat vir my werk mag selfs skadelik vir jou wees en tot verdere kostes lei.

 Dokters en spesialiste konsultasie

  • Maak seker hoeveel konsultasies jou mediese fonds jaarliks toelaat vir doktersbesoeke. Die meeste het deesdae 'n limiet.
  • Indien jy nie 'n mediese fonds het nie, maak seker dat jy weet hoeveel die konsultasie met die dokter is en wat dit alles insluit.
  • Indien jy verwys word na 'n spesialis – skakel vooraf en hoor hoeveel sy konsultasie is. Die meeste spesialiste vereis deesdae 'n kontantbedrag voor hulle sal konsulteer.
  • Praat met jou dokter indien die spesialis waarheen hy jou verwys het uit jou prysklas is – hy sal jou tien teen een na 'n ander een verwys of hy kan jou selfs na 'n opleidingseenheid (waar dieselfde spesialis praktiseer) verwys vir 'n fraksie van die prys.
  • Praat met jou dokter oor goedkoper opsies (wat ook goed is!) op jou kroniese en akute voorskrifte.
  • Wanneer jy op kroniese medikasie is, gaan sien jou dokter ten minste elke ses maande om seker te maak dat die voorgeskryfde medisyne nog nodig is en die regte dosis is – dit is 'n belegging in jou langtermyn gesondheid en jy kan dalk maandeliks geld spaar.

Bloedtoetse, x-strale en ander prosedures

  • Maak seker dat jou mediese fonds daarvoor sal betaal voordat jy gaan, sodat dit nie 'n skok en 'n finansiële las is, as dit reeds gedoen is nie en hulle nie weer betaal nie.
  • Kry vooraf magtiging by jou fonds en hoor presies hoeveel hulle gaan betaal vir die prosedure.
  • Maak seker die diensverskaffer hef die mediese fonds tariewe.
  • Indien jy self daarvoor moet betaal – bel rond en hoor wie vir jou die beste prys vir kontant sal gee. Jy kan baie so spaar deur te verduidelik dat jy nie 'n fonds het nie en self moet betaal.

Algemeen

  • Sien jou gesondheid as 'n geheel en nie as enkel insidente nie – dit kan baie geld spaar op die langtermyn.
  • Voorkoming is beter as genesing – dit is beter om nou die R100 op verkoue medikasie en Vitamiene C te spandeer as om die hospitaalrekening vir longontsteking te moet betaal.
  • Bou 'n verhouding met jou apteker en dokter op – hy/sy ken jou hele storie en sal vorige of kronese siektetoestande in ag neem wanneer hulle jou behandel.
  • Moenie "penny wise en pound foolish' wees nie.
  • Kry raad en inligting en neem berekende besluite – moenie jouself net aan TV advertensies en oningeligte persone se opinies oorlaat nie.
  • Neem 'n goeie algemene aanvulling met vitamiene, minerale, aminosure en selfs probiotika – om jou ligaam in optimale voedingsgesondheid te hou.
  • Stap (oefen) gereeld – dit voorkom spinnekoppe in die kop en hou jou lyf gesond en dit is gratis!
  • Luister na jou liggaam en moenie waarskuwings ignoreer nie, dit kan jou duur te staan kom.


Met dank aan:

Hannelie Hartman

Eienaar: Lifestyle Apteke

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek