Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Gesin: Aanneming en pleegsorg

Gesin: Aanneming en pleegsorg

Oordenking: Galasiërs 4:5-7

 

         Om iemand se kind te wees is die wortel van ons lewe. Maar al meer en meer is daar kinders wat net een ouer ken.

Maar dis belangrik om albei jou ouers te hê. ‘n Kind het ‘n Pa nodig en hoewel ‘n Ma van absolute belang is, is die Pa ook.

Al meer gebeur dit dat kinders nie “eie” of biologiese ouers het nie weens buitengewone omstandighede. Dit is vir die mense wat moet omsien na die welsyn van die kinders, altyd ‘n bitter moeilike taak om kinders weg te neem uit hulle ouerhuis en net ‘n uiterste uitweg.

Dan word ‘n kind eers in pleegsorg geplaas by mense wat hulle bes doen om nie net vir die kind te sorg nie, maar ook ‘n pa en ‘n ma vir die kind te wees. Kinders in daardie omstandighede moet ook leer om die mense te waardeer wat tydelik hulle “ouers” is. Hulle moet dankbaar wees dat daar sulke mense is wat hulle ontferm oor kinders, en nie opstandig wees omdat hulle verworpe voel nie. Hier is mense wat hulle nie verwerp nie.

Gelukkig gebeur dit ook dat sulke kinders aangeneem kan word en ‘n nuwe eie Pa en Ma kan kry en die aanneem ouers nuwe eie kinders kry.

Dit is suiwer Genade!

Nog groter Genade is dat God vir jou en my aangeneem het. Nou is ons ook Sy kinders. Hy het ons Sy eie kinders gemaak.

 

Ds Dirk Stoltz

Emeritus


Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek