Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Trauma: Kaping

Trauma: Kaping

Oordenking: Hebreërs 11; 12:1-3

 

Die een oomblik bars die ruit langs hom, hy skrik en wanneer hy tot sy sinne kom kyk hy in die loop van ‘n geweer vas.  Hy word beveel om uit te klim en toe hy die veiligheidsgordel losmaak, trek die booswig die sneller.  Die geweer het nie afgegaan nie.  So getuig een van ons lidmate in Midrand wat gekaap is in Johannesburg.

‘n Ander lidmaat vertel hoe hy nog rond gekyk het terwyl hy by sy huis wag vir die hek om oop te gaan, toe is die geweer op hom gerig.  Hy het uitgeklim en alles oorhandig, steeds het die skelm hom in die gesig geslaan. 

Sulke situasies ruk jou lewe.  Dit kan jou maklik van stryk bring, jou aandag vestig op dit wat sleg en lelik is, op weerwraak en bitterheid.  Daar is baie gebeure in mense se lewens wat hiertoe kan lei.  Die Hebreër boek herinner ons egter daaraan om ons oë op Hom gerig te hou, soos die geloofshelde dit gedoen het in die moeilike situasies waarin hulle beland het.  Ja, aanhou stry soos Christus.  Inderdaad, dit beteken nie dat verskeie emosies beleef word nie.  Erken dit, ervaar dit en werk daardeur.  Om dit te ignoreer sal nie werk nie.  ‘n Atleet wat beseer is kan immers nie die besering net ignoreer en aanhou hardloop nie.  Ja, op Hom moet ons gefokus bly.  Hy gee ons wat ons nodig het vir hierdie stryd: geliefdes wat ons bystaan, spesialiste met wie ons kan praat, gelowiges wat ons kan bystaan daardeur, want hulle is ook al daardeur.  Gryp dit aan, want bitterheid, haat en woede het ‘n manier om jou lewe oor te neem en dan hardloop jy ‘n gevaarlike wedloop waarin jy jouself kan pootjie.

 

Ds Paula Eksteen-Erasmus

NHK Midrand


Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek