Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Gesin: Emigrasie (2)

Gesin: Emigrasie (2)

Oordenking: Eksodus 20:12



Eer jou vader en jou moeder…

 

Emigrasie ontwrig ‘n gesin het ons elders gesê, maar dit breek nie ‘n gesin op nie. Moderne kommunikasie tegnologie maak dit vir ons moontlik om steeds gereeld in voeling met mekaar te bly op ‘n persoonlike basis. Hier is die Internet ‘n wonderlike instrument.

So kan die gesinslede steeds die sterk bande van liefde handhaaf en selfs sterker maak. Om gereeld te “skype” laat almal voel of die ander net in die kamer langsaan is.

SMS boodskappe met nuusbrokkies en ‘n bevestiging van ons liefde vir mekaar is baie positief.

E-pos briewe, lank of kort, maak ‘n groot bydrae, veral as mens oulike of mooi of ernstige dokumente daarby aanheg wanneer jy weet dit vreugde sal verskaf of opbouend gaan wees. Dit is nou nie net vir dié wat ver gaan woon het om te doen nie, ons wat van die huis af verlang moet dit ook doen al “reply” mens net ‘n woordjie van dank en waardering. En dit kos so min!

Ons as ouers moet dit so goed moontlik maak vir ons kinders om hulle ouers te eer en eerbiedig deur op elke moontlike manier te kommunikeer en te wys ons is lief vir hulle.

Dit maak die ontwrigting soveel minder vir almal.


Ds Dirk Stoltz

Emeritus


Lees gerus ook: Efesiërs 6:1-4


Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek