Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Trauma: Verkragting poging

Trauma: Poging tot verkragting

Oordenking: Romeine 8:31-39

 

Ek behoort aan Christus en niemand anders nie.  Tydens ‘n inbraak het ‘n rower wat agtergebly het toe die ander gaan geld trek het met ons kaarte, my eenkant geneem en probeer verkrag.  Hy het nie geslaag nie.  Ek was tjoepstil, want ek wou nie my man en vriende ontstel wat vasgebind was en toegesluit in ons slaapkamer en op die grond gelê het nie.

Ek het in hierdie oomblikke gedink aan Dietrich Bonhoeffer en talle ander gelowiges wat ook in verskriklike situasies al was.  Inderdaad, wat is my enigste troos in lewe en in dood?  Dat ek aan Christus behoort.  Dit beteken dat niemand my kan ontneem wat God my gegee het nie.  Kalmte het my oorspoel. Dit het my gedra in daardie oomblikke van ‘n ander mens se waansin. 

So ‘n ervaring eindig egter nie by die misdaadtoneel nie. Selfs by die dokter, wanneer jy gaan vir bloedtoetse, wanneer jy wil bloed skenk en jy mag nie, is in ‘n mate traumaties.  Wanneer jy iemand sien wat soos die aanvaller lyk.  Dit raak jou menswees ten diepste, jou huwelik...alles.

Maar selfs dan besef jy jy behoort nie tot hierdie wêreld nie, jy behoort aan God.  Ook jou liggaam.  Niks kan jou van Hom skei nie.  Selfs nie die geweld wat ander jou aandoen nie.  Ja, jy is versigtiger.  Jy begin anders doen en dink, anders ervaar, anders droom, maar ook met ‘n dieper ervaring van wat dit is om in Hom te wees.

 

Ds Paula Eksteen-Erasmus

NHK Midrand


Lees gerus ook: Rut

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek