Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Siekte: Kanker

Siekte: Diagnose - Kanker

Oordenking: Romeine 3:19-28

  

Hoekom is dit verkeerd om te dink dat die Here besig is om my te straf deur die kanker wat  by my gediagnoseer is?  Dink mooi na oor bogenoemde vraag.  Die antwoord hou verband met die mees basiese van ons Christelike geloof.

As ek daarvan oortuig is dat die Here besig is om my te straf, wat maak ek dan van ons Christelike belydenis dat Christus die straf reeds in my plek gedra het?  As ek volhard met die oortuiging dat my siektetoestand 'n straf is vir iets wat ek verkeerd gedoen het, is ek besig om die genoegsaamheid en volmaaktheid van Christus se plaasvervangende sterwe in twyfel te trek.

Die Here is nie besig om my te straf nie.  Die Here straf nie deur middel van kanker, droogtes of oorstromings nie.  As Hy straf, speel Hy nie.  Ons moet na die kruisgebeure gaan kyk as ons wil sien hoe Hy straf.  Kyk na Christus wat uitroep:  “My God, My God, waarom het U My verlaat?”

Dit is hoe God straf.  En ons bely dat Christus hierdie straf eens en vir altyd in my plek gedra het.  Daar is vryspraak vir dié wat dit glo.  God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo (Rom. 3:22)


Ds Petri de Kock

Gemeente Pierneef


Lees gerus ook: Psalm 32:1-7;  Psalm 116:1-14

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek