Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Siekte: Voor 'n groot operasie

Siekte: Voor 'n groot operasie

Oordenking: Psalm 20:1-10

 

Ons het hier te make met 'n baie ou gebed wat die volk en die priesters vir die koning en sy manskappe gebid het voordat hulle die stryd tegemoet getrek het.  As daar so vir hulle gebid is, het hulle die stryd met baie groter moed en durf aangepak, want hulle het geweet dit is nou nie meer net hulle, die strydwaens en die perde nie.  Nee, dit is hulle met die genade en seën wat van die Here afgebid is.

Ons is vandag nie fisies in 'n oorlog gewikkel soos Israel van ouds nie, maar ons stry elke dag die goeie stryd van die geloof.  En in hierdie stryd is ons net so afhanklik van ons hemelse Vader as Israel van ouds.

Natuurlik mag ons met groot vrymoedigheid voor 'n groot operasie tot Hom bid en om sy genade en seën vra.  Die Here is altyd daar vir ons, en Hy luister na ons gebede ter wille van Jesus Christus.  Wat 'n voorreg!  Kom, ons maak dankbaar daarvan gebruik.


Ds Petri de Kock

Gemeente Pierneef


Lees gerus ook: Psalm 18:1-7;  Psalm 40:1-6

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek