Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Siekte: Depressie - Bipolêr

 

Siekte: Bipolêre depressie

 

Oordenking: Nehemia 2:16-20

   

Terwyl Nehemia nog 'n banneling is vra hy vir koning Artasasta toestemming om terug te gaan na Jerusalem, om die stad se mure te gaan herbou.

Nehemia waag dit om vir die Persiese koning Artasasta 'n guns te vra, wat hom sy lewe kan kos as die koning nie tevrede is nie.

Nehemia is koning Artasasta se skinker, en terwyl hy vir die koning wyn skink. Vra die Koning vir hom waarom hy so bedruk lyk.

Hy waag om vir die koning toestemming te vra om terug te gaan na sy land en om Jerusalem te herbou.

Die koning is hom goedgesind en gee vir Nehemia toestemming om terug te gaan en die stad te herbou. Toe hy in Jerusalem aankom tref hy net hope klippe en stof aan en stadspoorte wat verbrand is.

Maar sy entoesiasme was aansteeklik en hy het die volk so gemotiveer dat elkeen bereid is om die stuk stadsmuur wat voor hom is te herbou. Hulle het aangehou met die bouwerk selfs toe die vyande hulle spot en beledig en probeer het om hulle te ontmoedig. Toe die vyand hulle wil aanval terwyl hulle besig is om te bou, gaan hulle motivering nog verder.

Hulle hou aan bou met 'n stuk bougereedskap in die een hand en 'n wapen in die ander hand.

Teen alle verwagting voltooi hulle die bouwerk in 'n rekordtyd.

Dit het my laat dink aan iets wat in 'n buurgemeente gebeur het.

“Die dominee se kreatiewe idees, sy vermoë om nuut te dink en die vermoë om mense te motiveer, is ongelooflik,” sê die diaken. Kyk net wat het hy alles gedoen gekry.

Twee Ossewaens. Sestien rooi Afrikaner osse voor elke wa. Dertig jongmense sommige selfs te perd.

Hy het reggekry om dit alles te reël en te doen in drie maande.”

Dis ongelooflik hoe vinnig die dominee die kerkraad die ouers en die jeugvereniging gemotiveer en opgewonde gekry het!

Drie maande later roep 'n sestienjarige seun wat tussen die osse stap “Hoi Hoi ,” Die osse luister na sy geroep, en geduldig stap elkeen na sy eie juk.

Ja sê die ouderling vir hom, “die Psigiater sê dis alles deel van sy bipolêre depressie waarmee hy al baie jare sukkel.”

 

Dr Hans Dreyer

Emeritus

Vir meer inligting oor depressie, besoek www.drhansdreyer.com

 





Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek