Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Trauma: Motorongeluk

Die trauma van ʼn motorongeluk

 

Oordenking: Klaagliedere 3:18-30

 

 

Trauma beteken verwonding. In die mediese wêreld word hiermee verwys na veelvuldige beserings wat die pasiënt se liggaam en lewe bedreig. Voeg hierby die emosionele verwonding wat met traumatiese gebeure gepaard gaan en ons besef dat trauma ʼn bestaansbedreiging is.

 

Die impak van siekte en dood, geweldsmisdaad, natuurrampe en self die verandering in lewensfases kan traumatiese wees as jy dit wat met jou gebeur jou hele lewensuitkyk en omstandighede onherroepelik verander. Dit is dan ook nie vreemd dat ʼn motorongeluk fisies en emosioneel geweldige trauma tot gevolg het nie.

 

Die trauma van die fisiese besering lê daarin dat dit ʼn aanslag maak op die liggaam as sisteem. Trauma-beserings as gevolg van die impak van ʼn motorongeluk is meer as die somtotaal van die beserings – die siekte van trauma bedreig die pasiënt se liggaam en menswees. Juis in die akute fase van trauma-ervaring, soos tydens en na ʼn motorongeluk, voel dit asof jou gedagtes vasdraai, jy beleef verwardheid en ontnugtering en jy klou vas aan elke spreekwoordelike grashalm. Jy smag na hoop en die vrees dat die ergste kan gebeur lê vlak in jou. En dan probeer ons mekaar troos en moed in praat: Hou moed, môre skyn die son weer! Alles sal reg kom. Waar daar lewe is, is daar hoop!

 

Kom ons draai, in die lig van die Skrifgedeelte, hierdie uitsprake om. Die skrywer van hierdie besondere gedeelte (Klaagliedere 3:18-30) praat verbondstaal in. Kom ons lees dit saam ...... Hoor jy: “...deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot ...... (daarom) hoop ek op Hom”.

 

In hierdie verskriklike tyd van onsekerheid en wag, van wag en twyfel, bemoedig mekaar eerder met dié woorde: waar daar lewe is, is daar hoop! Die son het vanoggend opgekom om oor jou en jou geliefdes te skyn.


Ds Japie Coetzee

Gemeente Kemptonpark-Oos





Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek