Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Gesin: Emigrasie (1)

Gesin: Emigrasie (1)

Oordenking: Eksodus 20:12



Eer jou vader en jou moeder…

 

         Emigrasie ontwrig ‘n gesin. Daar kan ons nie verbykom nie. Maar dis nie die einde van ‘n gesin as van jou kinders emigreer nie – jou kinders en jou kleinkinders bly joune en dis ook ‘n feit wat staan soos ‘n paal bo water.

         Emigrasie is permanent. Dis anders as om vir ‘n tyd oorsee te gaan woon en werk, maar dit bly ontwrigtend, ook vir die kinders. Daar in die vreemde is dit ‘n groot versoeking om weg te breek van jou herkoms en jou opvoeding. Die opvoeding van ons kinders moet dan sterk genoeg wees om hulle staande te hou.

         En ons wat ons in die vreemde bevind? Vergeet nie die liefde van jou ouerhuis en gesin nie, maar laat dit jou dra, jou lei op die pad vorentoe. Dis die beste manier om God se gebod te onderhou: “Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.”

Om altyd getrou te bly aan jou opvoeding, om ook ver van die huis getrou die Here te dien is noodsaaklik vir jou om sterk te staan in die moeilike tye en in die tye van verlang na jou mense.

Baie jongmense maak ‘n breek en breek weg van hulle agtergrond; hulle probeer dinge soos dwelms en seks wat hulle tuis nooit eens aan sou gedink het nie. Dit loop net uit op probleme en hartseer.

Nee, eer liewer jou ouers deur getrou te bly aan wat hulle vir jou geleer het.


Ds Dirk Stoltz

Emeritus


Lees gerus ook: Efesiërs 6:1-4


Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek