Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Siekte: Sterwensbegeleiding (1)

 

Die dood – ʼn bekende vreemdeling (Sterwensorg 1)

 

Oordenking: Psalm 23

   

Die dood is aan ons oorbekend.  Ons leef elke dag daarmee saam. As jy die koerant oopmaak, die nuus op radio of televisie aanskakel, dring die werklikheid van die dood aan ons op.  Ons dra die die dood met ons in ons liggaam saam – elkeen sal eendag tot sterwe kom. Ons liggaam wat siek word, oud word of ernstig beseer kan raak, maak seker dat ons bewus is van hierdie realiteit en van ons eie broosheid. Oorbekend, “maar....” – het wyle ds Bert Kramer wat vir een-en-twintig jaar met hospitaalbediening besig was, eenmaal gesê “...as die dood aan jou deur kom klop, kan niemand dit goed gebruik nie!”. Die dood bly ʼn bekende vreemdeling, die laaste stryd wat elkeen van ons moet stry, is met die dood! Hoe dit sal wees, weet ons nie presies nie. Dit is daarom eg menslik om bang te wees vir die gebeure van sterf.

Maar eeue gelede het ʼn mens in moeilike lewensomstandighede en in die aangesig van die dood uitgeroep: “Die Here is my Herder, Hy sorg vir my ... ook wanneer ek deur ʼn diep en donker vallei moet loop, dan sal ek nie bang wees nie, want U, Here, is by my. U beskerm my soos ʼn herder sy skape beskerm met sy stok en sy kierie.” (Die Bybel vir almal).   

As die dood soos ʼn bekende vreemdeling aan jou deur, of dié van ʼn geliefde kom klop, kan ons vashou aan die Goeie Herder wat sy skape op hulle name ken. In die gemeenskap van gelowiges, ook rondom ʼn sterfbed, beleef ons saam met die psalmdigter ʼn Godservaring en hoop! Die Een wat die dood oorwin het, het immers gesê ons moenie bang wees nie, want Hy is by ons al die dae van ons lewe ... ook deur die dood na die Lewe! In die sterwensgebeure word die tyd van lyding en die onbekendheid van wat voorlê, oomblikke van heerlikheid en heling.


Ds Japie Coetzee

Gemeente Kemptonpark-Oos





Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek