Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Trauma: Molestering

Trauma: Molestering

 

Oordenking: Psalm 139; Jesaja 41; 53

 

 

 

Seksuele mishandeling kan as die onderwerping van ʼn kwesbare persoon aan seksuele aktiwiteite, wat fisiese of sielkundige skade kan veroorsaak, gedefinieer word. Alhoewel seksuele mishandeling verskillende vorme en aksies insluit, kan dit algemeen beskou word as enige aksie wat ʼn seksuele ondertoon bevat, wat op kinders afgedwing word en ʼn magsposisie skep waarbinne hulle die ondergeskiktes is. Seksuele mishandeling kan in die vorme van verkragting, seksuele molestering en onsedelike aanranding onderskei word.

Die impak van seksuele mishandeling op die fisiese, psigiese, sosiale, emosionele en religieuse ontwikkeling van kinders, vorm en misvorm die persoonlikheid waarmee hulle daagliks moet saamleef. Om die proses van heling te beskryf is nie so eenvoudig nie, omdat dit elke faset van menswees raak en tyd neem om te herstel. Natuurlik kan ons dit nie sonder die hulp van die Here doen nie. Hy kan buitendien tot in die diepste kamers van ons hart die seer en pyn sien. Hy weet. Hy verstaan. Die pynlike wonde van molestering kan genees, dit kan oorwin word en in die plek daarvan kan my lewe weer vol vrede en vreugde wees. Dit kan, want: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee” (Filippense 4:4-13).


Dr Rudy Denton

Gemeente Potchefstroom-Studente




Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek