Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Trauma: Moord op 'n geliefde

Trauma: moord op 'n geliefde

Oordenking: Ps. 22:1

 

Wanneer die grootste trauma in sy lewe Hom tref, onthou Jesus ‘n  reël van ‘n psalm.

Waarskynlik omdat Hy, soos gelowiges deur die eeue, psalms goed geken het, en daaruit kon aanhaal soos wat dit nodig was.

Wat my tref, is dat Jesus op sy donkerste oomblik aan die kruis, NIE die bekende Ps. 23:1 aanhaal nie. Wanneer goddelose en heidense mense Hom vermoor, sê Hy nie ewe vroom: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.”

Hy onthou die psalmvers wat reg langs hierdie ene staan, en Hy skreeu dit uit: “My God, my God, waarom het U my verlaat?!”

Wanneer die verskriklikste trauma my tref, wanneer my geliefdes aangerand en vermoor word, voel dit vir my asof alles wat ek geweet en geglo het oor God in die drein afspoel. Ek voel nie veilig nie, ek kan nie vertrou nie, die Here het my “gedrop!”

Dit was presies ook Jesus se ervaring. Sy verhouding met God  laat Hom toe om te protesteer teen wat met Hom gebeur. “Waarom?!?!”

Ons wat die hele verhaal ken, weet dat God Hom toe NIE verlaat het nie. Sondagmôre was die klip weggerol! Die Lewe het deurgebreek.

As Jesus mag protesteer teen trauma, mag ek en jy dit tog sekerlik ook doen.

Ons praat immers met die God van die Lewe! 

 

Ds Gys Els

NHK Brackenhurst


Lees gerus ook: Romeine 8:38,39

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek