Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Geloofsvertroue (2)

Geloofsvertroue (2)

Oordenking: Psalm 91:1

  

 

In die volgende verhaal word die Here se beskerming treffend uitgebeeld: ʼn Jong soldaat het hom in ʼn verskriklike geveg bevind gedurende die Skotse Reformasie. Die vyand was besig om hulle met die grootste gemak te verslaan. Die jong soldaat en sy makkers het op die vlug geslaan in vrees vir hulle eie lewens. In die hardloop is hy afgesny van die res van sy makkers. Uiteindelik het hy by ʼn rotsagtige deel uitgekom. Uitgeput van die hardloop en wetend dat die vyand kort op sy hakke is besluit hy toe om in een van die grotte in te kruip en daar weg te kruip.

 

Daar in die donkerte het hy by God gepleit om hom te red. Hy’t ook ʼn ooreenkoms met die Here aangegaan, soos ons ook maar baie keer doen. Hy’t belowe as die Here hom red sal hy die Here vir die res van sy lewe dien.

 

Toe hy opkyk na sy ernstige gebed sien hy ʼn spinnekop wat doelgerig, stadig maar seker, begin het om die ingang van die grot toe te spin. Terwyl hy die spinnekop so bekyk, wat met sy fyn draadjies die ingang toespin, dink hy hoe ironies dit is – hy het nou net die Here gevra vir beskerming en redding en kyk wat stuur die Here: ʼn spinnerak. Hoe gaan ʼn spinnekop en sy spinnerakke my red?

 

Sy hart is toe verhard, want hy het geweet die vyand gaan hom nou vind en doodmaak. Net toe hoor hy die vyand: besig om die area onder hom te fynkam. ’n Soldaat met ʼn geweer het by die ingang gaan staan. Die jong man se hart het in sy keel geklop. Maar toe die soldaat die ingang van naderby bekyk, sien hy die spinnerak wat intussen die ingang heeltemal toegespan het. Hy’t teruggestaan en vir die ander gesê: Hulle kan nie hier wees nie. Hulle sou die spinnerak gebreek het as hulle hier ingekom het. Kom ons soek op ʼn anderplek….

Die jong man het seker toe besef: Waar God is, is ʼn spinnerak soos ʼn steenmuur, en waar God nie is nie, is ʼn steenmuur niks meer as ʼn spinnerak nie.


Ds Janine Bevolo-Manders

Gemeente Witfontein




Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek