Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Geloofsvertroue (1)

Geloofsvertroue (1)

Oordenking: Psalm 91:2

 

 

Kan ons dit saam met die Psalmdigter met dieselfde oortuiging sê: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”?

Dit is God se groot begeerte – dat ons Hom sal leer vertrou. God sal jou skuiling en vesting wees, maar dan moet ons Hom vertrou. Ons is egter so dikwels teësinnig om die leisels van ons lewens aan Hom oor te gee – so bang ons verloor beheer. Die ironie is dat as daar dan in elk geval dinge in ons lewens gebeur wat ons magteloos laat en buite beheer laat voel het ons geen keuse as om die Here te vertrou nie. Maar dis nie presies wat Hy van ons wil hê nie; Hy wil nie hê dat ons Hom net sal vertrou wanneer ons met ons rug teen die muur staan nie, maar Hy wil hê ons moet Hom met alles in ons lewens vertrou, want Hy is getrou om altyd daar vir ons te wees en ons te lei en te help. Hy stel aan ons die uitdaging en sê: Moenie my probeer verstaan nie, vertrou My net. Vertroue moet 100% wees. As jy 1% terughou om op jouself te vertrou is die ander 99 net soos die 1 waardeloos. Kom ons vertrou die Here met ons hele lewe, HY sal nie teleurstel nie.


Ds Janine Bevolo-Manders

Gemeente Witfontein




Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek