Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Bejaardes - inwoning by kinders (2)

Bejaardes: Inwoning by kinders (2)

Oordenking: 1 Timoteus 5:4 Ou Vertaling

 

 

Dikwels vind volwasse kinders dit baie ontwrigtend dat hulle hulle ouers moet help of versorg. Die volgende staaltjie laat mens nogal dink. ʼn Ma het met ontbyt ʼn “faktuur” van haar 7 jaar oue seuntjie, onder haar bord gekry met die volgende op: Ma skuld Sarel R5 vir die borde wat hy kombuis toe gevat het: R10 vir grassny; R5 vir skottelgoedwas en R2 vir bed-op-maak. Totaal = R22

 

Die Ma het geglimlag maar geen opmerking gemaak nie. Met middagete het Sarel sy R22 gekry met ʼn ander papier netjies opgevou saam met die geld. Hy het dit oopgevou en gelees: Sarel skuld Ma vir al die kere wat sy wat hy koors gehad het saam met hom wakker gebly het en gesond gedokter het - niks, vir al die pleisters op stukkende knieë - niks; al die trane wat sy afgedroog het - niks; al die ure wat sy rondgery en gesit en wag het by rugby en krieket- en tennis- en klavier en golf- ens –oefeninge - niks; vir al die klere wat gewas en gestryk is - niks, vir al sy etes - niks, vir al sy speelgoed – niks. Totaal = niks

Ons ma’s en pa’s het dit alles gedoen vir ons as kinders! Daarom kan ons nie anders om ook hulle in hulle ouderdom te versorg en mooi na hulle te kyk nie. Vers 4 sê dat dit God bly maak, dis vir ons aangenaam as ons na ons familie en ouers kyk – want dit demonstreer ook ons geloof!


Ds Janine Bevolo-Manders

Gemeente Witfontein




Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek