Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Bejaardes - inwoning by kinders (1)

Bejaardes: Inwoning by kinders

Oordenking: 1 Timoteus 5:1-3 Ou Vertaling

 

Die woord wat in die Ou Vertaling in vers 1 vertaal is met “vermaan” is ryk in betekenis. Maar letterlik beteken dit mens moet “langs iemand in beweeg en help”. Die Here wil hê ons moet “langs mekaar in beweeg” om mekaar te vertroos as een seer het, mekaar te verdedig as daar onreg gepleeg word en te help op praktiese maniere. En dis veral waar van die ouer persone in ons midde.

Abraham Herschel het gesê: “Die toets van ʼn nasie is hoe hulle hulle ouer mense behandel. Dis maklik om kinders lief te hê. Maar die sorg wat mense gee vir die ouer mense, die ongeneeslikes en die hulpeloses, dis die ware goudmyne van ʼn kultuur.”
Die Bybel leer ons in vers 3 om ons ouer mense soos goud te behandel. Waardeer hulle. Eer hulle! Die Griekse woord vir “eer” in vers 3 van die Ou Vertaling beteken letterlik “om ʼn prys op iets of iemand te sit.” In die konteks van die vers moet ons die ouer dames in ons midde waardeer – van waarde ag.

ʼn Ouer Dame het een keer gesê: Onthou ou mense is ʼn fortuin werd: met silwer in hulle hare, goud in die tande, stene in hulle niere, lood in hulle voete en gas in hulle mae.”

Alle grappies ter syde. Ouer mense is baie kosbaar vir ons. Hulle het waarde bloot vir wie hulle is. En ons moet hulle so behandel. Dis wat God van ons vra!


Ds Janine Bevolo-Manders

Gemeente Witfontein




Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek