Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Armoede en nood - wees soos die barmhartige Samaritaan (3)

Laai die persoon/e op my voertuig en stap die pad saam met hom/haar

 

Ons het nou reeds die wonde skoon gemaak, die  wonde verbind en ook  seker gemaak daar sal nie weer kieme of vuilgoed in die wonde inkom nie en nou gaan ons die siek persoon op ons rydier laai en langs hom stap op die harde pad waar seerkry hom/haar nie gespaar gaan word nie.

My mede diaken/dienswerker, vriend, hierdie pad wat ons nou saam met die gewonde persoon gaan loop gaan vir beide 'n baie stamperige pad wees in die sin dat die persoon op die rydier nou baie stampe gaan verduur en ek wat langs hom op ʼn baie lang pad moet loop gaan sekerlik seer voete hê as ons eens by die herberg aankom want die pad kan baie swaar en lank word vir ons.

Wat hier bedoel word met laai hom/haar op my rydier en stap die pad saam tot aan die einde, is dit waartoe ek myself nou verbind het – om hierdie mens wat geval het in sy/haar lewe, en net verkeerd optree en verkeerd handel, weer  op die reguit  pad te kry. Dis om hom/haar op koers te probeer hou en elke dag aandag aan hom/haar te bestee. Dis om te bly seker maak ek doen dinge reg sodat hy/sy nie weer die pad sal verlaat en op die ou weë teruggaan nie. Om hierdie pad met so 'n persoon te loop kan baie tyd en organisasie kos – en dit gaan verseker jou voete seer maak. Jy sal langs die pad baie moeg word om dit voluit te doen, onthou dit is ook vir die persoon op die rydier onuithoudbaar seer met die dat hy/sy nou sukkel om weer op die reguit pad te loop. Maar met die regte besluite en volgehoue aandag sal julle uiteindelik by die herberg aankom

Volgende keer hanteer ons die gedeelte: Betaal die herbergier vir die gewonde se verblyf en kom terug na die herberg op jou pad huis toe.

 

Met dank aan:

Diaken Hans Janse van Rensburg

Projek Armoede, ADV

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek