Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Armoede en nood - wees soos die barmhartige Samaritaan (2)

Verbind die wonde

 

Nadat ek die wonde skoongemaak het moet dit verbind- en behoorlik toegemaak word sodat daar nie weer kieme en vuilgoed kan inkom en die wond bederf nie

Met die bostaande skrywe gee ek betekenis daaraan dat nadat ek alles oor die mens uitgevind het  (kos – klere – werk – opleiding – skool – siekte  of wat ook al die geval mag wees) oor die persoon/gesin moet ek daar by hom/haar sit en gesels oor hoe hulle te werk sal gaan om uit hierdie probleem waarin hulle hulself bevind los te kan wikkel en weer gesond kan opstaan en vorentoe beweeg. Stel ʼn prioriteitslys op saam met die hulpbehoewendes: Wat het jy nodig? Wat kan jy doen? Wat wil jy doen? Wat gaan jy doen om uit hierdie probleem te ontsnap? Wat verdien jy? Het jy ʼn begroting? Het jy uitstaande skuld? Gaan die kinders skool toe? Het hulle alles wat nodig is vir die skool? Ensovoorts. Hierdie is maar ʼn paar dinge wat die werklike  oorsaak mag wees.

Met hierdie broodnodige inligting werk ons  saam daardeur en besluit dan saam in  watter orde dit geplaas gaan word. Met die  prioriteite in plek en  op skrif gestel het ons nou  ʼn ooreenkoms in plek van wat gedoen gaan word en wanneer dit gedoen gaan word om die lewens van die mense te help verbeter.

Die prioriteitslys en die ooreenkoms wat ons gemaak het sal bepaal hoe goed ons die wond verbind het wat sal help met die genesings proses.

In my volgende skrywe gaan dit oor die pad vorentoe:

Laai die persoon/e op my voertuig en stap die pad saam met hom/haar.

 

Met dank aan:

Diaken Hans Janse van Rensburg

Projek Armoede, ADV

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek