Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Armoede - Gee kos vir die hongeres

Begin ’n projek om kos te gee vir dié wat nie het nie

Volg net in Sy voetspore: 1 Petrus 2:21

Ons projek, Barmhartigheid het afgeskop by die eerste gemeentes Zuurfontein, Derdepoort en Wonderboompoort. Die projek het daarmee te make dat ons op vooraf bespreekte Sondag oggende by ʼn gemeente ’n kos sakkie om elke voertuig se regterkantse spieëltjie vasmaak met die boodskap. “Volg net in Sy voetspore”, lees die kaartjie op die sakkie, geniet die sjokolade binne in die sakkie en plaas die item wat op die briefie gevra word in die sakkie en bring dit volgende week Sondag kerk toe. Ek belowe u dat hierdie gebaar vir behoeftiges binne en buite die gemeente kos kan gee . Ons barmhartigheidsprojek  hier by die ADV berei die sakkies voor en voorsien dit aan elke gemeente ons sal die sakkies in samewerking  met elke  gemeente se diakens   ophang aan die  spieëltjies van die voertuie

Die diaken en barmhartigheid het 'n nuwe rigting ingeslaan deur elke dag te stap in die spore van Christus.

Kyk hoe mooi spreek Nehemia 9:19 barmhartigheid aan wanneer hy sê: “het U in u groot barmhartigheid hulle nie in die woestyn gelos nie. Die wolkkolom het bedags nie van hulle af weggedraai nie maar hulle op die pad bly lei; die vuurkolom was snags daar om vir hulle lig te maak op die pad waar hulle langs moes trek.”

Die diaken en barmhartigheid het in hierdie dae ook  ʼn nuwe rigting ingeslaan deur elke dag te stap in die spore van Christus.

Met hierdie werk van die diaken, dienswerker, kleingroep, werkgroep, enkeling streef ons daarna om meer as die helfte van al die gemeentes binne ons Kerk hierdie jaar te bereik met hierdie eerbare werk wat ons mag doen. Deur hierdie werkwyse te volg mag ons daarna strewe om te word soos beskrywe is in Matteus 5:48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

 

Hans Janse van Rensburg

ADV Projek Barmhartigheid

Klik hier om die artikel in PDF formaat af te laai

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek