Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

As ek God geleentheid gee om te antwoord

Dit is altyd vir my ʼn plesier om kantoor toe te gaan oor die Kerstyd; Johannesburg se paaie is stiller, die telefoon lui minder en ek vind tyd om myself gemaklik voor te berei vir die volgende jaar. Die Christusfees bring dus in alle opsigte vir my vrede en rus.

2013 was egter ʼn uitsondering en ek kon nie ʼn spesifieke rede vind nie. Ek is absoluut geseën deur die jaar, al my geliefdes is bewaar en God het in al my behoeftes voorsien. Ek kon vir niks meer vra nie. Die hele jaar het ek egter gejaagd gevoel. Ek kon net nie ʼn balans vind in my lewe nie. So bevind ek my toe een vroeë  Desember aand langs die pad met ʼn pap band en ʼn gevoel van benoudheid wat my amper wou oorweldig. My skietgebed aan God was desperaat: “Help my asseblief. Ek kan nie meer nie.” 

Sy antwoord was onmiddellik en tasbaar. Twee mans het gestop en aangebied, in Afrikaans nogal, om te help. Terwyl een ook toe dadelik die domkrag nader sleep gee die ander vir my ʼn bottel water en ʼn goedgebruikde Bybel met die woorde:  “Sit onder die boom en lees ʼn stukkie; dit help altyd vir my. Ons maak gou hier klaar.” Die Bybel het vanself oopgeval by ʼn boekmerk waar Jesaja 40:29 onderstreep is. “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.”  

Die woord Hy het my soos koue water regop geruk. Hy versterk ja, maar ek moet Hom toelaat. Vertrou op my God as die Vader om in bemoediging ook vir my ʼn les te leer.  Dié dag se gebeure het my herinner om God die stuurman te maak van my poging om my lewe te reguleer en balansseer. Ek het met hernude krag daar opgestaan.

Ek sien nou uit na 2014. Nie omdat ek dink dit gaan maklik en sorgvry wees nie maar omdat ek opnuut weet waar my krag vandaan kom. Hy sal versterk en Hy sal my ophelp en as ek weer vergeet sal Hy boodskappers stuur om my te herinner.

Diaken Lizel Kieviet

Midrand gemeente

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek