Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Hoop in 'n pakkie springmielies

As volgelinge van Jesus Christus is ons geroepe om ligdraers van sy lig vir die wêreld te wees. Min het ek geweet dat God ook die "klein dinge van die lewe" kan gebruik om hoop en omgee te versprei. Dit kan selfs deur 'n pakkie springmielies gebeur. Dié storie van hoop lyk so:

In die Silverton gemeenskap is daar talle ouetehuise en aftree oorde, wat beteken dat die nood onder bejaardes - wat saam met veroudering kom - in die Silverton omgewing baie groot is. 'n Algemene klagte onder die bejaardes is dat hulle baie eensaam is, en dikwels nie hulle kinders sien nie. Dit het ons beweeg om by hulle nood betrokke te raak. Een Saterdag het 'n groep vrywilligers bymekaar gekom om vir die bejaardes in een van hierdie ouetehuise 'n fliekdag te hou. Ons het ook besluit om vir elke bejaarde 'n pakkie springmielies te gee. Ons het die springmielies gretig gespring en dit vir almal uitgedeel, totdat ek by 'n ou oom gekom het, wat vir my in sy kamer vasgekeer het. Ek het 'n pakkie springmielies vir hom oorhandig en hy was so dankbaar vir die springmielies wat ons vir hom gegee het. Die trane het oor sy wange gerol. Hy was so danbaar, maar hy het nog een versoek vir ons gehad: Hy wou gehad het dat ons vir hom moet bid.

Die gevoel wat op daardie stadium deur my gedagtes gegaan het, het my oorweldig en ek het tot die besef gekom: Ek het in my hand maar net 'n klein pakkie springmielies gesien, maar hierdie oumens het soveel meer gesien. Ons is so geneig om te dink dat God se dade van hoop en omgee net in groot pakke verpak word. Ons is so geneig om God se liefdesdade in die bonatuurlike te gaan soek, maar hier het ek gesien hoe God selfs 'n klein pakkie springmielies kan gebruik, om 'n groot impak te maak. Dit laat 'n mens dink, nê?

 

Diak. Cornél Schuster

Gemeente Silverton

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek