Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Hoop op die mure en gesigte

Hoop op die mure en gesigte (voorbladberig)

Ons as gelowiges raak partykeer so vasgevang in ons eie lewens, ons eie bekommernisse en hartseer, dat ons vergeet om die nood rondom ons raak te sien. My verhaal is só ʼn verhaal. My pa is onlangs gediagnoseer met kroniese leukemie en hy moet elke tweede week die onkoloog gaan sien, by ’n onkologiese eenheid in Johannesburg. Ek het ʼn gesprek met my pa gevoer en vir hom gevra hoe hy die onkologiese eenheid beleef. Dít is wat hy geantwoord het: “Elke keer as ʼn mens by die onkologiese eenheid kom, dan sien jy hoe van die pasiënte agteruit gaan, maar elke keer is die pasiënte vriendelik. Wanneer jy hulle uitvra oor hoe hulle voel, sal hulle oë verhelder en sal hulle altyd met ʼn groot glimlag antwoord dat daardie dag vir hulle ʼn goeie dag was.”

My pa antwoord toe verder: “Ek verstaan net een ding nie: Hoe is dit dat die pasiënte in die onkologiese eenheid so positief is, terwyl daar mense in die wêreld is, met wie dit uiters goed gaan – hulle gesondheid is uitstekend, hulle het familie wat vir hulle lief is, hulle het ʼn dak oor hulle koppe en kos op die tafel – maar hulle is altyd negatief? Weet jy wat is die verskil? Die mense van die onkologiese eenheid leef vir hoop. Hoop staan oral op die mure en gesigte van daardie onkologiese eenheid geskryf.”

Hierdie gesprek met my pa het my dadelik laat dink: Hoe wonderlik sal dit nie wees as die gemeenskappe waarbinne ons – as die kerk – ons roeping uitleef ook hierdie woorde oor ons kan sê nie? Hoop staan oral op die mure en gesigte van die kerk geskryf. Hoe wonderlik sal dit nie wees as ons iets van hierdie hoop in die gemeenskappe waarbinne ons kerk van Jesus Christus is, kan uitleef met die gee van ʼn stukkie brood, of die sagte aanraking van ʼn trooswoord nie? Dit is waarvoor ons geroep is!

Ds Steve Oxton (ADV Werkgroep Kommunikasie)

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek