Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Jou ouers is “skielik” bejaard… - Aug 2016

Jou ouers is “skielik” bejaard…

Dit kan hartverskeurend wees om te besef dat jou ouers, wat eens sterk en onafhanklik was, nie meer na hulleself kan omsien nie. Dalk het jou pa of ma geval en ’n heup gebreek, gedisoriënteerd geraak en weggedwaal of is hy of sy met ’n ernstige mediese toestand gediagnoseer.

Aan die ander kant vind bejaardes dit dalk moeilik om te aanvaar dat fisiese veranderinge en ander omstandighede nou hulle onafhanklikheid bepSkielik bejaarderk Wat kan gedoen word? Hoe kan daar na hulle omgesien word?

Hoewel dit moeilik is om te praat oor die gevolge van die verouderingsproses, sal ’n familie wat die opsies bespreek het en ooreengekom het oor wat hulle sal doen, enige situasie wat opkom, beter kan hanteer.  Ons besef die waarde van so ’n bespreking wanneer ons erken dat die beproewinge wat met bejaardheid gepaardgaan, nie vermy kan word nie. Tog kan en moet ons sekere voorbereidings tref en vooraf oor sekere dinge besluit.

Party bejaardes en hulle families samel wyslik voor die tyd inligting in oor verskillende opsies soos of dit prakties sal wees vir ’n ouer om by kinders te gaan woon, in ’n aftreeoord te woon of gebruik te maak van ander dienste wat plaaslik beskikbaar is

Baie families beplan nie vooruit nie, en dan word hulle gedwing om “krisis-besluite” te neem. Dit is byna altyd die slegste tyd om so ’n besluit te neem

In baie gevalle verkies ouers en kinders dat die bejaarde ouers so onafhanklik as moontlik bly, afhangende van hulle vermoëns en beperkings. As hulle kan kook, kan skoonmaak, hulle medikasie kan neem en redelik goed kan kommunikeer, sal dit hulle kinders verseker dat hulle nie by elke aspek van hulle ouers se daaglikse lewe betrokke hoef te wees nie. Maar as ouers dit ná verloop van tyd moeilik begin vind om te loop en dalk nie inkopies kan doen nie of buitengewoon vergeetagtig raak, sal kinders moontlik aanpassings moet maak.

Wanneer ’n bejaarde ouer voltydse sorg nodig het, bestaan die gevaar dat die versorger kan uitbrand. Liefdevolle kinders wil soveel moontlik vir hulle ouers doen, maar onophoudelike eise kan oorweldigend word. Versorgers wat hulle in hierdie situasie bevind, moet realisties wees en sal moontlik om hulp moet vra. As die versorger van tyd tot tyd hulp ontvang, sal dit dalk nie nodig wees dat die bejaarde na ’n verpleeginrigting gestuur word nie.

Elmien Botha

Login With Facebook