Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Mei 2014 - Geheime in 'n koskas

Geheime in ʼn koskas

Broers en  Susters……. Om ʼn oproep te kry om ʼn koskas te kom leegmaak en die artikels vir die koskruik te gebruik, was ʼn oproep wat my na 22 jaar as diaken weer ʼn nuwe lewensles geleer het.

Ja, die oorledene se naasbestaandes het gesê ons kan die koskas kom leegmaak en dit wat die koskruik kon mee doen gebruik.  Dit was ʼn bejaarde dame wat op die oog af redelik goed versorg was. Op haar tyd het sy oorsese reise onderneem en was relatief welaf. Maar wat was dan die probleem?

Met die oopmaak van die koskas en met die eerste oogopslag was daar baie items in die koskas. Dit het gelyk na elke enkellopende dame se koskas wat gehou het van bak en werk in die kombuis.  Daar was ʼn bietjie meel, baie koekies versiering en pasta en baie blikke melkskommel geure.. Baie speserye en baie kruie.

Ek het redelik baie items verwyder en gaan sorteer. En skielik het ek besef wat was fout. …

Daar was ʼn halwe blik vlapoeier wat net 57 sent gekos het. Die boksie koskrummels wat R3-89 gekos het en in 1994 al verval het. Of die Taystee wheat pap wat R2-55 gekos het en vervaardig was voor die sogenaamde strepies kodes gebruik was. Die boks pap het al in 1989 verval. Ja, 25 jaar gelede.

Al die melkskommelgeure was al half, oud en kliphard gewees. Alles moes ek weggooi.

Hier is die bewyse:  

koskas 1

koskas 2

koskas 3

Skielik het ek geleer om dieper te kyk na hulle wat versorging nodig het. Ons moet leer om tydens gesprekke of kuier by armes, bejaardes of swak versorgdes, seker te maak dat hulle kos in die koskas wel voedsaam is.  Hulle het nie altyd iemand wat hulle na die winkels kan neem om kruideniersware te gaan koop nie.

Omdat hulle ook alleen is en nie so baie kos vir hulself sal maak nie, word die kos oud en bly dit net in die koskas staan.

Die beroep word op die Aksie groep vir Bejaardes gedoen om dit aan al hul lede bekend te maak om eerder die voedsel te gebruik en dan te vra as daar iemand na die winkels geneem moet word. Daar is wonderlike uitreiking in die Gemeentes om ons bejaardes te ondersteun. Ons moet net bewus word van hul behoeftes en dan nie wegdeins om hulp aan te bied nie.  

Hierdie gedagte moet ek en jy neem en uitbrei en dit ons eie taak maak om die te help wat nie meer vir hulself kan sorg nie. Respekteer andere en help hulle , soos elkeen van ons ook gehelp wil word.

Mac van Zyl

Diaken: Gemeente Sionspoort

Login With Facebook