Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':

Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Is jy vrygewig?

‘n Vrygewige Mens

Tienie Stoltz

Daar is baie maniere waarop ‘n mens vrygewig kan wees. ‘Vrygewig’ beteken immers ‘mild; goedgeefs; rojaal’, teenoor ‘suinig.’ Aldus die HAT.

Jy kan dalk groot vreugde vind daarin om met jou aardse besittings of jou geld of jou tyd en arbeid (byvoorbeeld in ‘n voedingskema) vrygewig te wees; om mildelik te skenk en te deel wat jy van Bo ontvang het; om ‘n ‘oop hand’ vir die kerk en die bedelaar en die karwag te hê; om een of ‘n paar gunsteling barmhartigheidsorganisasies te ondersteun. Party mense maak hulle karvensters toe vir die smekendes by robotte, party is, met rede, bang vir misdaad, en party wil net sulke mense help werk kry. Daar is openbare figure wat miljoene in geld gee en bymekaar maak vir barmhartigheidswerk – soms juis omdat hulle tog in die kalklig is, maar ook dikwels in stilte, of deur hulle invloed of hulle besigheid.

Dis natuurlik makliker as jy nie self in materiële nood is nie – maar nou is dit ook so dat baie ryk mense glo hulle is ryk omdat hulle suinig is en vashou en naderhand afhanklik word van die veilige gevoel van hulle aardse goed.  Dan kry jy ook mense wat nie ‘hulle geld mors op die salarisse van sogenaamde barmhartigheidswerkers nie, en daarom nie sommer net kan gee en gee nie!’  Sulkes is dikwels baie voorskriftelik oor hoe dinge gedoen behoort te word, maar jy kry hulle baie selde om self iets te doen of te gee.

Ryk of arm, is ons almal wat Christus navolg, onder die opdrag om meer soos Hy te word; om soos ons Hemelse Vader barmhartig te wees; om uit te leen sonder om terug te verwag; om soms ons brood op die water te gooi – al swem daar nie eende nie!

‘n Mens kan - en moet - ryk wees aan die gawes wat die Here aan jou persoonlik so mildelik en onverdiend en verniet gegee het, en dit vrygewig en mildelik uitdeel:  Liefde:  warm, opregte belangstelling.  Bedagsaamheid.  Vriendelikheid.  Getrouheid.  Geloofsaligheid.  Die blydskap van Verlossing – hou ons dit vir onsself of is ons vrygewig daarmee?

Ons kan vrygewig wees met aanmoediging en waardering.  Sê as iets vir jou mooi is.  Prys die kind wat iets netjies gebêre het.  Wys jou lewensmaat hoe dankbaar jy is – ook vir die klein dingetjies wat hy/sy vir jou doen.  Sê vir jou tiener hoe kosbaar hy/sy vir jou is. Moenie skaam wees om hulp aan te neem nie, of ‘n vuil handjievol afgebreekte blommetjies in ‘n blompot te sit nie.

Daar is mense wat baie vrygewig is met afbrekende kritiek. Met foutvind. Skinderstories.  Jaloesie, wat so maklik omsit in haat en nyd en ‘ons praat nie met mekaar nie.’

Kom ons wees almal meer vrygewig in die werklik belangrike sake.  Kom ons steek ons hande uit na diegene wat op ons pad kom. Jy kan tog net na die Vader gaan met die leë hande van die geloof, want daar is nie ‘n ander manier waarop jy jou Verlossing met albei hande kan aangryp en jou eie maak nie.  Wees vrygewig, in Lof en Eer en Aanbidding; in Dankbaarheid en in Liefde aan Hom wat ons eerste liefgehad het en ons alles gee wat ons nodig het nog voor ons hom vra, want Hy is die Groot Vrygewige Een.

Laai artikel af

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek