Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Moedelose Diakens

Moedelose diakens

Carusta van der Merwe

 

Barmhartigheid is die hooftaak van die diakonie. Dit gebeur soms dat diakens moedeloos word wanneer hulle dieselfde mense met dieselfde probleme oor en oor moet help. Wanneer dit lyk asof die diakens se hulp die ellende in stand hou eerder as om mense te bemagtig om hul lewenskwaliteit te verbeter; wanneer dit vir diakens voel of hulle net geld moet invorder by mense wat regtig nie kan bekostig om te gee nie, of dit kan bekostig, maar nie wil nie; en wanneer diakens moeg word, kan dit soms gebeur dat hulle self begin "besluit" oor wie hulp "verdien" en wie nie. Dit kan maklik 'n glibberige helling word. 

Om iets oor diakens se belewenis te kan skryf moet mens diakens raadpleeg. So ek stuur ’n e-pos aan ’n klomp diakens om uit te vra oor hulle belewenis.

Hier is van die reaksies:

“Dit maak my moedeloos wanneer ek voel asof ek, om watter rede ook al, nie kan help nie. Maar as ek na my eie lewe en probleme kyk en kan sien hoe God nog nooit Sy rug op my gedraai het nie, kan ek mos nie my rug op ander draai nie.”

“Ek worstel gereeld met die oneindige gesukkel. Om hulpbronne in die hande te kry. Om mense te inspireer om betrokke te raak. My belewenis is egter keer op keer dat God agter die skerms besig is terwyl ons moedeloos voortsukkel met die werk. God werk saam met ons en deur ons.”

“Ek raak dikwels moedeloos, maar as ek terugkyk spoel daar so ‘n warm gevoel deur my; van onder in my maag tot agter my oë waar die trane vlak lê. Nie omdat ek hartseer is of seer het nie. Maar omdat ek telkens kan sien dat die uitkoms van ons besig-wees met mense nie sonder geloof kon gebeur het nie”.

“As ons as diakens in die voetspore van Jesus wil volg, kan ons nie net op die spore wat hy GESTAP het fokus nie, maar moet ook oplet na waar hy GESTOP het. Hy het baie tydens sy lewe GESTOP. Jesus STOP om mense te voer, hy STOP om lammes te laat loop, STOP om blindes te laat sien. Jesus doen dit NON-STOP. En hy stop nie net OP PAD na sy eindbestemming nie. Die hulp wat hy verleen om mense se lewens vir hulle weer leefbaar te maak is op sigself die doel. Ek glo dat as Jesus nie gevange geneem is en gekruisig is nie, hy nooit sou GESTOP het om mense te help en so die gesig en hande van God vir mense te wees nie”.

Die gevolgtrekking? Alle diakens word soms moedeloos. Dis normaal. Dis menslik. Wanneer ons egter ernstig is oor ons geloof in Jesus, leer ons ervaring ons om fyn te kyk vir die spore van God, in ons eie lewens en ons werk as diakens. Want hoewel die moeite wat ons doen soms vir ons tevergeefs voel, is en bly dit God se werk. God het die laaste sê.

 

Laai artikel af

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek