Help iemand in nood

Jy kan vandag iemand help wat nood het. Hieronder is 'n aantal veilige metodes om 'n donasie te maak. Wees verseker dat dit gaan uitkom by die mense wat dit nodig het!

Readmore

Donasies

As jy die inligting op hierdie blad waardevol gevind het, maak asseblief 'n bydrae vir barmhartigheid.

SMS "ADV + jou naam" na 40156 om R20 te skenk (bv ADV Naam Van)

Jy kan ook 'n aanlyndonasie maak deur enige bedrag hieronder in te sleutel en te klik op 'Skenk':


Ons maak van MonsterPay gebruik vir aanlyndonasies. Kliek hier vir meer inligting.

Vermis, verlore? Kinderhandel

Vermis... verlore?

Dr Charmaine Fourie

 

As ek by ‘n winkelsentrum instap, dan sien ek hulle.  Ook in sekere afdelings van koerante en tydskrifte.  Selfs teen gemeenskapsborde en teen polisiestasies se inligtingsborde.  Die fotos en gesiggies van vermiste kinders.  Kinders wat al so lank as ‘n paar jaar weg is.  Vir die meeste van ons net ‘n naam en ‘n foto.....niksseggend.  En daar is so baie van hulle.  Vir iemand anders is dit hul kind, hul sussie/boetie, iemand wat ‘n groot leemte in hul lewens gelaat het.  Dit laat onwillekeurig elke keer die vraag by my opkom:  Word hierdie kinders ooit gevind?  

Tot onlangs was ek een van “hulle” - daardie mense wat net kennis geneem het van die foto’s en name.  Een van daardie mense wat gedink het dit gebeur nie naby my nie en dat kinders slegs in uitsonderlike gevalle wegraak.  Dus dat dit iemand anders se probleem is.  Ek kon nou werklik nie verstaan wat die bohaai dan nou is oor al die verlore kinders, wat móóntlik deel geword het van mensehandel nie.  Sekerlik is dit iets wat deur die Staat en polisie gehanteer word en sekerlik is dit hanteerbaar, want hoe baie kan daar nou wees?

Tot onlangs was ek oningelig.  Tot onlangs was ek een van die “hulle” wat nie die groter prentjie raakgesien het nie.

Mensehandel is ‘n werklikheid.  ‘n Werklikheid wat so naby aan elkeen van ons is, dat as ek ‘n ouer was, sou ek my kind nie vir ‘n oomblik onder my oë laat uitgaan het nie.  Ongeveer 450,000 mense word jaarliks in Suid-Afrika ontvoer vir mensehandel.  Van hulle word ongeveer 30,000 kinders vir die seksbedryf verkoop.  Die helfte van hierdie kinders is jonger as 14 jaar oud!

Dit is in ons skole - elke dag.  Daardie voertuie wat daagliks voor skoolhekke parkeer en weerlose en broos kinders dophou.  Daardie voertuie wat wag om te kyk of kinders huis toe gaan en ‘n heenkome het.  Daardie voertuie wat nie skroom om kinders op te laai om nooit weer gesien te word nie.

Dit is om ons in winkelsentrums - waar ‘n ouer net een oomblik wegkyk en dan is haar kind weg.  Binne minute is daardie kind in die badkamer ingeneem, haar hare gesny en gekleur en sal die ouer haar eie kind nie eens herken as hulle verby haar sou loop nie.  Haar kind weg... om dalk nooit weer gevind te word nie.

Mensehandelaars tree nooit alleen op nie - hulle word altyd bygestaan deur ander mense, soos persone wat vervoer voorsien (busdrywers, vragmotorbestuurders, taxidrywers), professionele persone (persone verantwoordelik vir aannemings, prokureurs, dokters, verpleegsters).  Selfs regeringsamptenare is baie keer betrokke, soos immigrasiebeamptes en doeanepolisie.

Mensehandelaars gebruik verskeie maniere om kinders te lok vir hul mensehandel bedryf. Ouers verkoop hul kinders vir ‘n karige inkomste eerder as om van die honger te sterf; kinders word ontvoer wanneer hul ouers dit die minste verwag (by skole, hospitale, winkelsentrums en so meer).  Hierdie kinders word byvoorbeeld as kinderarbeiders of sekswerkers gebruik, of verkoop aan kinderlose egpare in ander lande, wat enigiets sal betaal op die swartmark om ‘n kind van hul eie te kan hê.  Mensehandel word gemotiveer deur geld.

Ek is nie meer een van “hulle” nie.  Vir my het mensehandel ‘n werklikheid geword.  So ‘n werklikheid, dat ek mense in my persoonlike hoedanigheid ken wat al  op een of ander wyse met mensehandel gekonfronteer is. 

Daardie foto’s en gesiggies - kinders wat ontvoer is vir mensehandel. 

En ek kan nie meer my oë toemaak en my kop in ‘n gat druk om weg te kom van die werklikheid nie.  Dit is óm ons.....

 

Laai artikel af

Nuus

Warm Brood

Scan die QR kode vir meer inligting met jou slimfoon rakende die Simposium oor Trauma

qr ubi caritas

Login With Facebook

Soek